Renchi Gous​

Op 12 Oktober is ek as pasient van Dr Frans van Wijk in saal B opgeneem vir n blaas /pelvic floor prosedure. Ek moet erken dat ek baie bang…….Sommer doodbang vir hierdie operasietjie was. Wou selfs by n familie – lid weet hoe ek sou weet as ek dood is. Omdat ek baie gehoor het hoe pasiente oor hospitale kla was ek maar skepties en gedink dat ek meer op myself aangewese sou wees en nie veel diens kan verwag nie. Wat n ontnugtering!! By Toelatings was n baie vriendelike behulpsame manspersoon wat baie profesioneel opgetree het en my onmiddelik tuis en gemaklik laat voel het In die saal is ek ook dadelik op my gemak gestel deur die verpleegpersoneel en kon ek dadelik agter kom dat hul pasiente se belange op die hart dra. Die vriendelikheid bedagsaamheid sagmoedigheid en dan ook hulpvaardigheid van alle personeel, vanaf die skoonmaakster, tee dame, verpleegpersoneel was prysingswaardig en ongelooflik Op dag 3 kon ek nie anders as om vir my buurvrou te vra om eerlik te wees oor waar ons ons bevind nie….. Moet erken dat ek gewonder het of ek in die Hemel is…… Want u personeel het onsigbare engelvlerke!! Sulke wonderlike vriendelikheid en naaste liefde ken ons nie meer op aarde nie. Ek het vanmiddag weer vinnig by die hospitaal n draai moes maak…. En ek moet erken dat elkeen… Selfs sekuriteit buite voor die ingang… vriendelikheid uitstraal. Dra asb my dank en waardering aan die personeel van die Urologiese hospitaal oor (selfs die sekuriteits manne by die deur) Vriendelike Groete

Appointments

Appointments