Tienie Myburgh

My onlangse ervaring met die totale betrokkenheid van die Urologie hosp, het my opinie van mediese sorg in SA versterk. Ek vertou dat hierdie skrywe al die raakvlakke sal bereik? Ek lig puntsegewys my waardering uit: 1.EK is 18 mde gelede met prostaatkanker gediagnoseer. My onmiddelike reaksie was dat ek nie enige oprasie sou neem nie. Ek is baie gesondheidsbewus en het dadelik oorgesakakel na ‘n hoër rat tov voedselinnames: natuurlike stimulante; groentesappe en vitamines. Dit alles het groot verligting gebring en kon ek baie funksioneel met my lewe en sport voortgaan. Terwyl ek nie onverskillig staan teenoor gevarlike siektes en potensiële newe effekte nie, het ek laaste jaar op kwaartaallikse basis dr. Sias Voss gespreek. Teen maart 2016 was dr Voss gemaklik met al die tekens en toetse. Ons het nogtans saam besluit dat prostaatektomie die uitindelike finale oplossing sou wees. Dr Voss het die nuwe generasie Robot opersasie tegniek aanbeveel en verduidelik. Terwyl Dr Voss self ‘n baie professionaele en bekwame uroloog is, het hy sonder versuim aanbeveel dat hy my na Dr Dirk Lighthelm verwys, wie op hierdie stadium in SA die kundige “Robot operateur” is. My vorige siening en en onsekerheid dat drs in baie gevalle operasies uitvoer vir die finansiële wins daarvan, en dalk nie die erns van die kwaal nie, is deur hierdie onbaatsigtige optrede van Dr Voss geneutraliseer. Ek respekteer en waardeer jou optrede Dr Voss! 2.Na een baie professionale afspraak met Dr Lighthelm, is besluit dat die prosedure om 07H00 op 5 Mei 2016 gedoen sou word. Om 06h00 op 5 mei rapporteur ek en my vrou by Pta Urologie hosp. Daar is net een dame om admin af te handel. Sy weet presies wat om te doen. Sy is vriendelik (05h00) en vertoon iemand wat haar werk tot oorlopens geniet. Well done Urologie hosp admin! 3.Voorbereiding vir die prosedure, asook “bottels vol bloed” word getrek, alles met groot erns en bekwaamheid. Die narkotiseur, Dr McDonald stap in en doen volledige ondersoek en navraag. Well done, Dr McDonald! Jou optrede voor die prosedure, asook jou verduideliking in die teater, wat presies jy gaan doen, was volledig en professioneel. 4.Die prosedure is 4 ure later afgehandel en bevind ek my in die hoë sorg saal. Elke stukkie suster wat daar is, weet wat om te doen om ‘n pasiënt in pyn, gemaklik te maak. Deur die dag en nag is daar intense balangstelling deur alle betrokkenis in die pasiënt se welstand. Toe my hart bietjie vinning klop, waarskynlik sommer spoggerigheid, is Dr Lighthelm personnlik daar om aandag en raad te gee. Deur die nag is daar deurentyd twee suster teenwoordig. As jy roer is hulle by om welstand te bevestig. 5. Oggend van 6 Junie is Anneke, die fisioterapeut daar. Sy is vriendlik met elke pasiënt, terwyl sy longe los klop. Sy motiveer elke pasiënt met aanprysing. 6. Ek word oorgeplaas na saal G. Deurlopende aandag en besorgheid gaan voort. 7.Oggend 7 Junie kom Dr Ligtheim besoek en beveel aan dat ek ontslaan word. 8.Op 11 Junie doen ek opvolg besoek aan Dr Ligtheim. X-strale wys die hegting van die urinebuis aan die blaas is waterdig. X-straal dame bevestig dat dit nie vanselfsprekend is dat hegting dig is nie. Heelwat pasiënte moet langer loop met die kateter, sodat die hegting meer tyd kry. Op die 12de dag na die operasie is ek terug op kantoor. Ek voel gemaklik en maak steeds elke dag goeie vordering. Ek spreek graag hiermee my opregte dank uit aan die bestuur, asook elke personeellid, admin en medici, van Pretoria Urologie Hospitaal, vir uiters professionale diens wat julle lewer.

Appointments

Appointments