Testimonials

Annelie Meiring

Goeie middag Wilma

Ek het met ‘n baie swaar hart Jan in die hospitaal se ontvangs gelos en regtig nie geweet wat om te verwag en wat vir hom voorlê nie. Soos sekerlik elke ander familie was die wag en wonder baie langer as die tyd in die teater en dit was baie gerusstellend toe Dr Cilliers skakel om die sukses van die prosedure te verduidelik. Ek moet egter vir elkeen wat oor sy  (en my) pad gekom het, baie dankie sê vir die uitstekende sorg en die deernis waarmee hy behandel is. Die stories wat aan al sy vriende vertel word is net van die goeie sorg en die uitmuntende personeel wat by julle werk.

Baie dankie vir jou en jou span. Die bestuur en leiding wat jy aan die personeel gee, is soos altyd oral sigbaar en ek is trots om te kan sê  dat Urologie Hospitaal se verpleegpersoneel die beroep se naam hoog hou.

Baie dankie weereens en groete aan almal in die ICU

Annelie

Appointments

Appointments

Book an Appointment
SMS the word "INFO" and your email address to 33000 (SMS charged at R1.50)